Mawlid an-Nabi

Internasionale Mawlid-konferensie, Minar-e-Pakistan, Lahore, Pakistan
'n Banier met Mawlid-groete in Dar-es-Salaam, Tanzanië
Maleisiese Soenni-Moslems tydens 'n Mawlid-optog in die regeringsetel Putrajaya, 2013.
Mawlid-optog in Bhadohi, Uttar Pradesh, Indië
Mawlid an-Nabi in Koerdistan, Irak

Mawlid an-Nabi (Arabies: مَولِد النَّبِي, mawlidu n-nabiyyi, letterlik: "Geboortedag van die profeet"; soms kort مولد mawlid, mewlid, mewlit, mulud genoem) is 'n Islamitiese herdenking van Mohammed se geboortedag. Soenniete vier dit op die twaalfde dag van Rabi'-oel-Awwal, die derde maand in die Islamitiese kalender, terwyl Sjiiete dit op 17 Rabi'-oel-Awwal herdenk.

In teenstelling met Eid-oel-Adha en Eid-oel-Fiter het die tradisie van Mawlid an-Nabi eers na die dood van Mohammed ontstaan. Die Abbasiede het as eerste in Mohammed se geboorte en kinderdae belanggestel en die Fatimiede het Mohammed se geboorte in die 11de eeu begin vier, om hul afstamming van die profeet te beklemtoon. In die Ottomaanse Ryk is dit in 1588 tot 'n amptelike vakansiedag,[1] bekend as Mevlid Kandil, verklaar.[2]

Die herdenking van Mawlid an-Nabi is tot vandag toe 'n twisappel onder Moslems en word nie algemeen aanvaar nie. Van die kritici beskou dit as 'n nabootsing van die Christelike Kersfees. Volgens die Wahhabiete mag net God allen vereer en gevier word. Vervolgens word Mohammed se geboortedag in Saoedi-Arabië nie gevier nie. In ander Islamitiese lande soos Indonesië en Maleisië is dit egter 'n openbare vakansiedag.[3]

  1. (en) Shoup, John A. (1 Januarie 2007). Culture and Customs of Jordan. Greenwood Publishing Group. p. 35. ISBN 978-0-313-33671-3.
  2. (de) Manuel Franzmann, Christel Gärtner, Nicole Köck (2009). Religiosität in der säkularisierten Welt: Theoretische und empirische Beiträge zur Säkularisierungsdebatte in der Religionssoziologie. Springer-Verlag. p. 351. ISBN 978-3-531-90213-5.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. (de) Norbert Hofmann (1978). Der islamische Festkalender in Java und Sumatra. Bock + Herchen. p. 67. ISBN 978-3-88347-000-9.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search